Harrison Ford is “gekneus maar OK”.

Harrison se seun, Ben, het Twitter ná die ongeluk ingespan om die akteur se bewonderaars gerus te stel dat die akteur mooi aansterk

“Pa is OK. Flenters, maar OK,” Ben getwiet. “Hy is allerweë die man wat julle kan dink hy is.

"Hy is ’n ongelooflike sterk man."

Ben is een van Harrison se seuns uit sy eerste huwelik met Mary Marquardt.

Ná die ongeluk is Harrison dadelik hospitaal toe gehaas, maar sy toestand is na bewering tans stabiel. Aanvanklike berigte het die ronde gedoen dat twee dokters, wat toevallig op daardie oomblik op die gholfbaan was, Harrison op die toneel behandel het voordat die nooddienste opgedaag en hom hospitaal toe geneem het. ’n Ooggetuie wat die ongeluk van die gholfbaan af aanskou het, het aan TMZ.com gesê: "Hy was by sy bewussyn en het selfs 'n paar woorde gepraat.”

''n Strook van sy gesigvel was weg.'

“'n Strook van sy gesigvel was weg. Bloed het teen sy gesig afgedrup."

Die oudio-opname van die botsing het intussen die internet getref. Volgens 'n verslag kan 'n mens hoor hoe Harrison in ’n oproep na die munisipale beheertoring op die Santa Monica-lughawe rapporteer: “Enjin het gestaak.”

Hordes van Harrison se beroemde vriende het onmiddellik ná die nuus oor die ongeluk rugbaar geword het, Twitter gebruik om hul goeie wense oor te dra.

© Cover Media