As jy net tweemaande oud is, is die lewe vol eerstes, soos jou heel eerste inkopietog.

En as jou naam Harper SevenBeckham is en jou ma is ’n modeikoon met haar eie klerereeks en die bynaam Posh Spice, kan jy maar weet dit sal die eerste van vele wees . . .

Toe haar trotse ouers, David en Victoria, en ouboet Brooklyn (12) haar op die eerste Vrydag in September die eerste keer vir inkopies in Beverly Hills neem, was dit ook Harper se eerste verskyning in die openbaar.

Sien foto’s van die gesin se uitstappie en klein Harper in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.