Weens ’n hardewarefout ervaar klante wat Telkom se selfoontransaksiedienste soos lugtydherlaaiing gebruik vandag probleme.

Telkom het vanoggend gesê ’n hardewarefout onderbreek sy kortkode- of USSD-dienste aan sy selfoonklante.

Daar word verstaan selfoonklante wat by Telkom-winkels, deur aanlyn kanale of deur derde partye transaksies probeer aangaan, kan ook probleme ervaar.

“Telkom is tans nie in staat om selfoontransaksiedienste (soos lugtydherlaaiing) aan sy klante te bied nie,” sê die onderneming in ’n verklaring. “Dit hou verband met ’n hardewareprobleem.”

Dit is die tweede groot hardewarehaakplek wat Telkom vanjaar ondervind. In Januarie het foutiewe hardeware ook Telkom se e-posdienste aan verskeie klante onderbreek.

Bron: Fin24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Derick Hougaard: ‘Daar is geen skaamte om ’n gebreekte man te wees nie’

Nepalese passasiersvliegtuig stort op gevaarlike roete neer

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai