Deloitte se vakansiestudie het bevind dat 18- tot 34-jariges geld as ’n geskenk verkies, terwyl 35- tot 64-jariges ’n boek wil hê. In die tweede plek is verlede jaar se wenner, sjokolade.

“Maar ten spyte van Suid-Afrikaners se voorkeure, bly sjokolade die tweede jaar agtereenvolgens die waarskynlikste geskenk wat vir vriende en familie gekoop word. Kontant is nie deel van die top-10 gewildste geskenke nie,” sê Roger George en André Dennis, wat die verslag geskryf het.

Verbruikers sal die meeste van hul geld aan kos bestee: tot 44 persent van hul begroting, vergeleke met verlede jaar se 36 persent.

Daar word ook minder uitgegee aan reis (af tot 20 persent) en sosiaal (af van 23 persent tot 13 persent). In Januarie vanjaar het die Reserwe Bank die rentekoers vir die eerste keer in ses jaar verhoog, en toe weer in Julie. Dit maak krediet gemiddeld 0,75 persentasiepunte duurder.

'Verbruikers sal die meeste van hul geld aan kos bestee: tot 44 persent van hul begroting, vergeleke met verlede jaar se 36 persent.'

’n Studie van Ernst en Young het egter verlede week bevind dat meeste grootkleinhandelaars ’n beter Kerstyd as verlede jaar verwag.

Derek Engelbrecht, verkoops- en verbruikersprodukte afdelingsleier by EY, sê die mededinging tussen handelaars om kliënte te lok sal kwaai wees.

Engelbrecht verwag dat heilsame familiebesteding vanjaar gewilder gaan wees omdat gesinhoofde liewer die gesin sal uitneem vir ete as om met vakansie te gaan.

Deloitte se studie beaam dit.

Bron: Times LIVE