Die Facebook-SuperMa Sonja Vermaak het julle gevra om haar met slim idees te help, en dis maar net ’n paar van die blinkes wat ingestuur is:

Pat Roux: Grondboontjiebotter-en-hawermoutkoekies

[caption id="attachment_2019" align="alignnone" width="215"]Foto: Pat Roux Foto: Pat Roux[/caption]

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 875 ml (3½ k) droë, vinnig-kokende hawermout, geskei
  • 125 ml (½ k) grondboontjiebotter
  • 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak of -essens
  • 125 g botter, in blokkies gesny
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 125 ml (½ k) melk
  • 60 ml (¼ k) kakao

Maak so:

  1. Bedek jou toonbank of kombuistafel goed met waspapier.
  2. Gooi 3 koppies hawermout, die grondboontjiebotter en vanielje in ’n groot, hittebestande bak. Hou eenkant.
  3. Sit die botter, suiker, melk en kakao in ’n klein kastrol. Roer effens. Draai die hitte op hoog en moenie weer roer nie.
  4. Laat die mengsel presies 1 minuut kook. Verwyder onmiddellik van die hitte en giet oor die hawermout-en-grondboontjiebottermengsel.
  5. Gebruik ’n groot houtlepel om alles vinnig te meng. (Voeg die oorblywende hawermout by as die mengsel te slap is of as dit ’n bedompige dag is.)
  6. Sit eetlepelgrootte bietjies mengsel op die waspapier.
  7. Laat die koekies sowat 50 minute set tot ferm.

Debbie Prinsloo: Suursuiker met stokkielekkers

[caption id="attachment_2018" align="alignnone" width="215"]Foto: Chelsea.co.nz Foto: Chelsea.co.nz[/caption]

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 5 ml (1 t) sitroensuur
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 250 ml (1 k) versiersuiker
  • 5 ml (1 t) jelliekristalle (enige geur)

Maak so:

  1. Meng alles in ’n bak en meng liggies.
  2. Proe en pas aan soos nodig. As dit nie suur genoeg is nie, voeg nog sitroensuur by. As dit te bitter is, voeg versiersuiker by. Wees versigtig, voeg elke keer net ’n bietjie by en proe ná elke byvoeging.
  3. Sif die mengsel om dit fyner en lekkerder te maak.
  4. Geniet die vars suursuiker! Dit kan met ’n lepel, strooi, stokkielekker of selfs skoon vingers geëet word.
  5. Dit moet liefs in ’n verseëlbare of lugdigte sak gestoor word, weg van enige vogtigheid.

Nadia Fincham: Karamel-Rice Crispy-horinkies

Foto: kreatiewekosidees.com
Foto: kreatiewekosidees.com

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 45 ml (3 e) margarien
  • 250 g (2 k) malvalekkers
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 750 g (6 k) Rice Krispies
  • 1 plak sjokolade

Maak so:

  1. Smelt die margarien en malvalekkers oor lae hitte.
  2. Klits die karamelkondensmelk in.
  3. Roer die Rice Krispies in. Meng goed.
  4. Druk stewig in ’n gesmeerde bakplaat.
  5. Sny in blokkies wanneer gestol of in die horinkies.
  6. Giet gesmelte sjokolade oor indien verkies.

Anita Marsili Booyse en Sumari Cloete: Malvalekkerstokkies

[caption id="attachment_2020" align="alignnone" width="247"]Foto: Craftcrawlers.com Foto: Craftcrawlers.com[/caption]

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 1 sak malvalekkers
  • sjokolade
  • sprinkels
  • stokkielekkerstokkies

Maak so:

  1. Druk ’n stokkie in elke malvalekker.
  2. Smelt van die sjokolade (liefs nie stukkies nie; Ghirardelli-sjokolade werk die beste), sowat 110-230 g behoort genoeg te wees afhangend hoeveel malvalekkers jy doop.
  3. Doop die malvalekkers een-een in die sjokolade.
  4. Laat die orige sjokolade afdrup, en besprinkel met die sprinkels van jou keuse.
  5. Sit dit lekkers (met die stokkie onder) in ’n beker sodat die sjokolade kan set. Jy kan dit ’n rukkie in die vrieskas sit as jy wil.
  6. Sodra die sjokolade hard is, draai elke lekker in sellofaan indien verkies.