Pam Gillingham, maatskaplike werker en direkteur van The Family Life Centre in Johannesburg, sê dis ’n netelige situasie wat met sensitiwiteit en versigtigheid hanteer moet word. Die belangrikste ding is om begrip te hê en nie jou ouers of jou man se ouers uit jou kinders se lewens te sluit nie.

Hoe benader ek die situasie?

1.       Moenie te veel verwag nie

Jy moet elke situasie en gesprek benader met die wete dat die reaksie waarskynlik belangeloos of negatief kan wees. Dis belangrik omdat dit beteken jy sal dan nie so erg teleurgesteld voel nie.

2.       Luister na hul mening

Jy moet verstaan hoekom jou of jou maat se ouers nie betrokke wil wees nie. Daar is dalk redes waaraan jy nie gedink het nie. Dalk is hulle nie finansieel in staat om hul kleinkinders te bederf of nie gesond genoeg om klein kinders te hanteer nie.

3.      Praat op ’n kalm manier; moenie aggressief wees nie

Die laaste ding wat jy wil doen, is om grootouers van hul kleinkinders te vervreem. Praat versigtig met hulle en wees sensitief vir hul gevoelens. As jy voel jy gaan in die middel van die gesprek kwaad word, stop en haal asem en jy kan dan óf voortgaan óf die gesprek beëindig en dit voortsit wanneer albei partye gereed is.

4.       Moenie dit persoonlik opneem nie

Dit gaan nie noodwendig oor jou nie. Hulle gaan dalk deur iets wat jy nie verstaan nie. Probeer ook verstaan dat dit op die ou end hul keuse is of hulle betrokke wil wees of nie.

5.       Stel altyd jou kinders eerste

Ongeag wat gebeur, jou kinders is die belangrikste ding in jou lewe. Maak seker dat hulle nie die spanning tussen jou en hul grootouers aanvoel nie. Maak verskoning vir grootouers indien nodig en moenie dat jou kinders agterkom daar is ’n probleem nie.

- Shandukani Mulaudzi