In Maandagaand se episode, die eerste een van die nuwe seisoen, het Emo ’n video gewys waarin Anne haar voordoen as ’n beampte van die Franse konsulaat in Kaapstad. Dit volg nadat sy verneem het dat Hannes besig is om aansoek te doen vir ’n visum.

Die gevolge was skreeusnaaks en Hannes was warm onder die kraag.

Hier is die video:

'Dié twee is so uitgeslape.'

Hannes het vanoggend aan Huisgenoot gesê hy beraam nog ’n plan om wraak op Emo en Anne te neem.

“Maar dié twee is so uitgeslape dat dit maar moeilik gaan wees om hulle ’n rat voor die oë te draai.”

Jou Show word Maandae om 20:30 op kykNET uitgesaai.