Die energieke Bravo!-aanbieder Hannes van Wyk, wat binnekort die ankeraanbieder van Kwêla word, is vir die tweede jaar agtereenvolgens vir ’n Huisgenoot-Tempo-toekenning benoem. “Ek is verlede jaar ook benoem, maar het nie gewen nie,” vertel Hannes, wat in die kategorie TV-aanbieder van die jaar benoem is. “Kom ons hou duime vas vir hierdie jaar.”

'Enige erkenning is lekker'

Hy meen erkenning is bie belangrik.

“Mense jok wanneer hulle sê dis nie lekker nie. As ’n mens hard werk en jy doen jou bes, is enige erkenning lekker.”

Hy is ook nie verbaas oor die kykNET-program se sukses nie.

“Die program probeer nie mense uitvang of in ’n swak lig stel nie,” meen hy.

“Dit is bloot lekker onderhoude met bekendes en ons wys vir die kyker openingsaande, agter die skerms en gebeurtenisse wat hulle dalk nie self kan bywoon nie.”

Die ander benoemdes in die kategorie vir TV-aanbieder van die jaar is:

  • Emo Adams – Jou Show
  • Jak de Priester – Reis na Gister
  • Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
  • Nadine – Musiek Roulette
  • Nataniël – Die Nataniël Tafel
Die toekennings vind op 9 Junie by Emperors Palace plaas en een leser kan ’n splinternuwe Suzuki SX4 1.6 GLX MT-meerdoelvoertuig van R295 900 wen! Al wat jy moet doen, is om vir jou gunsteling te stem.

Stem vir jou gunsteling - klik hier!

600X450