Soek jy dringend nog ophangplek in jou baba se kamer? Hier’s ’n slim en mooi idee vir ’n dogtertjie of seuntjie. En jy kan dit sommer self maak.

So maak mens

Soek ’n buitelyn van ’n boom op Google Images of teken dit self. Laat kopieer dit by ’n kopieerwinkel op ’n transparant. Gebruik ’n oorhoofse projector om ’n beeld op Supawood of ander dun hout te gooi. Trek die buitelyn op die hout af met ’n potlood. Saag die boom uit met ’n gepaste sagie. Verf twee lae Plascon Velvaglo Greenwich G1-C1-2. Skroef hake in die hout vir hangplek. Heg die boom stewig aan die muur vas.

Doen ook dit

Die ou boekrak is binne verskillende kleure geverf en buite met wit Plascon Velvaglo.

big tree2