gumtree1

’n Man het op ’n vernuftige manier wraak geneem op sy vrou nadat sy rondgeloop het: Hy het sy helfte van hul bed te verkoop.

Die man se advertensie op die aanlyn snuffelgids Gumtree lui: “Ek trek uit en verkoop my kant van die bed. My splinternuwe eksvrou besit steeds die ander kant van die bed, maar moenie bekommerd wees nie – sy gee blykbaar nie om om dit met vreemdelinge te deel nie.”

Die man, wat volgens die advertensie in die Wynberg-area in Kaapstad woon, sal enige aanbod van moontlike kopers oorweeg. Hy waarsku egter kopers moet bedag wees dat minstens drie ander mans plakkersregte op sy helfte van die bed kan eis.