Halle Berry het gister (13 Julie 2013) in Frankryk met Olivier Martinez getrou.

Volgens Us Weekly het die twee hul beloftes tydens ’n burgerlike plegtigheid afgelê voor hulle na die Chateau des Conde in Vallery is vir ’n godsdienstige plegtigheid voor sowat 60 gaste.

’n Bron het onthul: “Wit markiestenste is opgeslaan en almal was baie diskreet, want dit was ’n vermaakbedryftroue, maar dit was oor die algemeen baie nederig.”

Al was die partytjie, wat bestaan het uit ’n vieringsdinee, vuurwerkvertoning en dansery, baie ontspanne, het dit tot in die oggendure aangehou.

’n Bron het bygevoeg: “Hulle het dit tot in die nanag uitgekap.”

Die Cloud Atlas-ster was al twee keer getroud: met die bofbalspeler David Justice en die R&B-sanger Eric Benet en het ná haar tweede egskeiding gesweer sy sou nie weer voor die kansel staan nie.

’n Goeie vriend het verduidelik: “Sy vertrou Olivier. Hy laat haar veilig voel. Hy is ’n keeper!”

Halle het ook ’n dogter, Nahla (5). Maar dit lyk nie of sy minder gaan werk noudat haar gesin uitbrei nie. Daar is onlangs bekendgemaak sy sal in ’n onafhanklike komedie speel kort nadat haar eerste seun later vanjaar sy opwagting gemaak het.

Sy het voorheen gesê: “Daar’s die rolprent Shoe Addicts Anonymous, ’n komedie. Ek wou baie lankal ’n romantiese komedie doen en dit is nou my kans. Dit kan gebeur baie kort nadat ek my volgende kind gehad het.

“Ek het vroeg in my loopbaan begin romkoms doen, maar ná Monster Ball het almal gedink dis al wat ek wou of moes doen.”