pink1

Pink sê hoewel sy opgewonde is haar liedjie Just Give Me a Reason is benoem vir ’n Grammy as die liedjie van die jaar, glo sy haar man, Carey Hart, moet ook erkenning kry vir dié liedjie se sukses.

Die 34-jarige sangeres sê “aan die einde van ’n dag krul ek in sy skoot op en kla; so as iemand my daarvoor wil beloon, moet hulle liewer vir hom die prys gee.”

Haar trefferliedjie gaan oor vasbyt in ’n moeilike verhouding. Pink sê: “Dis ’n gesprek tussen minnaars wat vir die goeie baklei, en dit is ons lewe.”

Die sangeres se musiek handel dikwels oor haar verhouding met Carey, ’n motorfietsrenjaer.

Pink is ook vandeesweek in New York vereer as Billboard se vrou van die jaar. - Sapa