Dit is nog onbekend waaraan die voormalige parlementslid Dene Smuts (67) beswyk het, maar sedert die nuus bekend geword het, is haar bydraes tot nasiebou uit alle oorde onthou.

“Tragies. Sy het ’n yslike bydrae gelewer in die samestelling en verdediging van die Grondwet,” het Helen Zille, voormalige DA-leier en premier van die Wes-Kaap, op Twitter gesê. “Een van ons beste lede in die parlement.”

Toe Huisgenoot haar kontak, het Helen bygevoeg Dane was ’n "uitstaande intellektueel en beginselvas". "Haar vroegtydige dood het as ’n groot skok gekom."

Dene het 20 jaar lank – van 1989 tot 2009 – in die parlement gedien en was voorheen die uitgewer van Fairlady.

Tydens haar politieke loopbaan was sy onder meer die DA se skaduminister van binnelandse sake, kommunikasie en later justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Sy was ook die eerste vroulike parlementslid wat as hoof in die parlement gedien het. Dan was sy ook betrokke by wetgewing van die Waarheid en Versoeningkommissie en het ook heldhaftige werk gedoen in die teenstand teen die omstrede Muilbandwet.

“Sy het nooit luiheid of onduidelike denke van kollegas geduld nie en was nooit bang om iemand oor die vingers te tik nie,” sê die DA se federale uitvoerende hoof, James Selfe.

“Sy sal onthou word as ’n parlementêrelid wat onwrikbaar gestaan het vir ’n saak wat groter is as haar persoonlike belang. Sy het ’n onuitwisbare stel beginsels en oortuigings gehad.”

Lees ook op Huisgenoot.com:

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf

Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is

Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur