Al word dit die feesseisoen genoem, is dit ook ’n stresvolle tyd om werk afgehandel te kry, geskenke te koop, die kinders besig te hou en reg te staan vir familiekuiertjies. Hou jou stresvlakke so in toom:

Gun jouself ’n blaaskans

Moenie dié vakansie elke tweede dag gasvrou wil speel nie. Kuier is pret, maar ook baie werk. Vra dat familie en vriende kos en drinkgoed saambring en moenie nee dankie sê wanneer hulle aanbied om te help opruim nie. Jy mag self maar ? bietjie laat slaplê.

Kry genoeg slaap

Dit help stres baie verlig. Reël dat jy ’n paar aande vroeg gaan inkruip of vra jou maat of ’n familielid om die kinders vir ’n middag op te pas sodat jy ’n bietjie kan dut.

Bespreek vir Skouspel!

Hou matigheid voor oë

As jy te veel eet en drink, sal dit jou net tam én vies laat voel vir jouself. Wend elke dag doelbewus ’n poging aan om jouself nie te ooreet nie. Jy kan steeds lekker saamkuier, maar wees net bewus van alles wat jy in jou mond druk.

Vind jy die feeseisoen is 'n uitputtende ervaring? Vertel ons wat jy dink in die kommentaarveld hieronder.