Swemmers het paniekbevange uit die see gehardloop toe hulle die massiewe agt voet lange haai gewaar.

Die haai is Saterdag naby swemmers in Illetas, naby Magaluf, opgemerk. Dit is toe gesluit.

In foto's kan duidelik gesien word hoe die haai na ’n groep mense insluitend kinders swem. 

Die strand is weer heropen nadat lewensredders werkers die strand vir ure dopgehou het om seker te maak die haai maak nie weer sy verskyning nie. Die haai het egter weer Sondag sy verskyning gemaak.

Die skerptandvis, wat ook ’n draai by die Can Pastilla-strand gemaak het, was glo verantwoordelik vir die sluiting van drie gewilde strande berig Metro.

Die haai, wat vir drie dae vrees onder die strandgangers ingeboesem het, het egter gesterf nadat dit beserings opgedoen het toe hy gevang en na die Magaluf-kus gebring is.

Dit blyk of die aard van die haai se beserings veroorsaak het dat hy van kant gemaak moes word.

The Telegraph berig die haai het ’n inspuiting ontvang om sy pyn en sterfte draagliker te maak.

Een van die akwarium werkers het glo gesê dat die haai ‘onomkeerbare skade’ opgedoen het berig Metro.co.uk.

“Na ’n intense ondersoek deur kenners was ’n haak in sy mond gevind wat onomkeerbare skade veroorsaak het.”

Bronne: The Telegraph, Metro, Twitter