ER24 het op Twitter bekendgemaak die verdagte wat twee mense vroeër Woensdagmiddag as gyselaars aangehou het, het hulle ongedeerd laat gaan.

Polisie en nooddienste is na ’n straat in Randburg, Gauteng, ontbied terwyl ’n man na bewering twee mense, ’n man en ’n vrou, as gyselaars aangehou het.

Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens ER24, het die voorval bevestig en is op die toneel in Rykstraat saam met lede van die plaaslike polisie, onderhandelaars en nooddienste.

“Ons is op bystand op die toneel en kan bevestig dat niemand tot dusver beseer is nie,” het hy per telefoon aan Huisgenoot gesê.

Die polisie is steeds besig met onderhandelings met die verdagte.

Geen nadere inligting oor die voorval is nog beskikbaar nie.