Gwyneth Paltrow hoop sy sal Chris Martin kan vergewe as hy ooit ontrou is.

Gwyneth (40) sê sy hoop nie sy sal oor ontrouheid skei nie. Sy hoop ook Chris sal haar kan vergewe as sy ooit ontrou is. Die ster van Thanks For Sharing en Chris, die hoofsanger van Coldplay, is al 10 jaar getroud. Hulle het twee kinders, Apple (9) en Moses (7).

Sy het aan Refinery29.com gesê: “Ek dink dit sal vir my moeilik wees om een van daardie vroue te wees wat 20 jaar later agterkom iets gaan agter my rug aan. Ek dink ’n mens sal jou lewe dan begin bevraagteken. Dit sal moeilik wees om te doen, maar ek glo dinge sal reg uitwerk solank ’n mens van die begin af eerlik is.”

Sy het bygevoeg: “Ek dink as die idee om aan iemand toegewy te wees vir jou belangrik is, jy sal begin om sekere dele van jou sosiale lewe bo die ander te stel. Elke paartjie is uniek; daarom beleef elke paartjie sy eie uitdagings. Ek sal graag wil dink ek sal vergewensgesind en/of vergewe wees, maar ek kan nie ’n eerlike antwoord gee nie, aangesien ek dit nie ervaar het nie.”

Gwyneth se nuwe rolprent gaan oor seksverslawing. Sy sê indien sy enkel was, sou sy nie omgegee het om met iemand wat hieraan ly uit te gaan nie. “Ek is ontvanklik vir nuwe begrippe. As ek weet waarvoor ek my inlaat, sal dit my nie verhoed om die verhouding te ondersoek nie.”