Die tydskrif People het die aktrise Gwyneth Paltrow as 2013 se mooiste vrou ter wêreld aangewys.

Die 40-jarige aktrise is boaan die tydskrif se jaarlikse lys wat Woensdag bekendgemaak is.

Paltrow skryf haar skoonheid toe aan die oefensessies wat haar jonk en sterk hou.

“By die huis is ek heeltyd in jeans en ’n T-hemp. Ek dra nie juis grimering nie,” vertel sy.

-Nuus24