Die Hollywood-aktrise Gwyneth Paltrow het Dinsdag aangekondig sy en haar man van 11 jaar, Chris Martin (die groep Coldplay se voorsanger), gaan skei.

“Dit is met ’n swaar gemoed dat ons besluit het om te skei,” het Gwyneth in ’n verklaring op haar webtuiste, Goop.com, gesê. Die webtuiste het ineengestort kort nadat die nuus aangekondig is. – SAPA