[caption id="attachment_120249" align="alignnone" width="600"]Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway[/caption] TimesLive het Vrydag die brief onthul, oomblikke ná die skokaankondiging deur die Gupta-familie en pres. Zum se seun Duduzane dat hulle met onmiddellike effek uit alle poste by Oakbay bedank. Oakbay se ouditeursfirma, KPMG, hul banke, FNB en Absa, en hul borg, Sasfin Capital, het in Maart alle bande met die Guptas verbreek. “Daar sal binnekort nuwe inligting oor die maatskappy se bankverhoudings verskaf word,” het Oakbay Resources and Energy Vrydag in ’n verklaring gesê.

Die sluiting van hul bankrekenings maak dit “bykans onmoontlik om voortaan sake in Suid-Afrika te doen,” het Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, aan personeel in die brief gesê.

“Sonder bankrekenings bevind ons ons in ’n posisie dat ons julle, ons gewaardeerde werknemers, nie kan betaal nie,” het hy gesê.

“Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dit gebeur nie. Dis vir ons uiters onaanvaarbaar dat julle, ons werknemers, en jul gesinne moontlik kan ly weens die politieke veldtog teen ons.”

Lees ook: Pres. Jacob Zuma: ‘Ek het nie oneerlik opgetree nie’

Hy het gesê die maatskappy is “vol vertroue dat die familie se besluit om hulle van die onderneming te distansieer, sal beteken dat die verhouding met banke herstel sal word, salarisse betaal sal word en sake soos normaal kan voortgaan”.

Nazeem het gesê Oakbay is in regstreekse verbinding met Zuma (via die presidentskantoor), die minister van arbeid, Mildred Oliphant, die minister van finansies, Pravin Gordhan, en die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, om hul “diepe teleurstelling te kenne te gee oor die besluite deur ons bankvennote en om dit duidelik te maak dat mense se lewensonderhoud in gedrang is as ons nie hierdie belangrike bankverhoudings kan herstel nie”.

Nazeem het Woensdag geëis dat Jacques Celliers, uitvoerende hoof van First National Bank, verduidelik hoekom hulle die maatskappy as kliënt die trekpas gegee het. Hy sê Oakbay het geen redes ontvang wat FNB se optrede regverdig nie en voeg by hulle is reeds in die proses om rekenings na “’n beter ingeligte instelling” te verskuif.

Lees ook: ‘Gryp asseblief in, Here!’ – Karlien van Jaarsveld bid dat Zuma moet bedank

“Die tydsberekening van FNB se besluit is verbysterend, gegewe dat Oakbay se rekenings in uitstekende finansiële toestand is en aangesien ons al jare lank lojale en lonende kliënte is.”

Die Guptas en Duduzane se besluit om onmiddellik te bedank, “volg op ’n volgehoue politieke aanval op die maatskappy, en die kommer dat die werk en lewensmiddele van byna duisend werknemers in onmiddellike gedrang is weens die uittredende direkteur se bande met die maatskappy,” het Oakbay Resources and Energy Vrydag in ’n verklaring gesê.

“Ons hoop ons bedanking uit alle uitvoerende en nie-uitvoerende poste en enige betrokkenheid in die onderneming beteken ons sal die lewensonderhoud van tienduisende mense in ons wonderlike reënboognasie red,” het die Guptas gesê.

Duduzane het ook gesê hy het bedank “om die werk van Oakbay se duisende werknemers te beskerm” en sy “deelname aan die onderneming te depolitiseer”.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

Eina! Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine is nie vir sissies nie

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan

Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers