Suid-Afrikaners is verstom nadat twee ANC-swaargewigte vandeesweek onthul het hulle is ministeriële poste in ruil vir politieke gunste aan die politieke invloedryke Gupta-familie aangebied, maar kan hierdie vorm van oënskynlike korrupsie tot kriminele vervolging lei?

[caption id="attachment_120249" align="alignnone" width="600"]Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway Atul Gupta. FOTO: Gallo Images/Getty Images/James Oatway[/caption]

“Indien mense poste aangebied is in ruil vir politieke gunste vir die Guptas, is dit ’n korrupte handeling in terme van die reg,” verduidelik die grondwetkenner prof. Pierre de Vos. “Almal wat betrokke was en wie dit ook al gemagtig het, sou aan korrupsie skuldig bevind kon word.”

Lees ook: Is Jacob Zuma se dae as president getel?

Die Guptas sal soos pres. Omar al-Bashir van die Soedan landuit vlug voor hulle vervolg kan word, meen Rhoda Kadalie, menseregte-aktivis en die uitvoerende hoof van Impumelelo (Stellenbosch Academy for Social Innovation). “Hulle het eenvoudig te veel mense in hul geldsakke,” voeg sy by.

Of enigeen aan korrupsie skuldig bevind kan word, sal afhang van hoe konkreet die bewyse teen die geïmpliseerdes is, verduidelik prof. Daryl Glaser, Wits se hoof van politieke studies.

Hy voeg ook by dat die Valke pres. Jacob Zuma tot dusver beskerm het en wonder of enigiets hul steun van hom sal laat wankel.

– Almari Wessels

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier

George-man kry 37 keer lewenslange tronkstraf ná hy dogter se maats verkrag

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!