Aan die einde van ’n video van die veldtog wat in Desember verlede jaar bekendgestel is, verskyn talle foto’s van individuele modelle. Op die eerste foto dra ’n model ’n lang rok wat onder haar knieë hang en wat net haar lyf en arms bedek terwyl sy met haar rug teen ’n muur leun.

Op die tweede foto sit ’n model op ’n rusbank en dra ’n baadjie met ’n hoë halslyn en romp wat haar tot haar bobene bedek.

Volgens die GRS oortree een van die foto’s in die video die komitee vir reklamepraktyk se gedragskode vir verantwoordelike advertering.

Lees ook: Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Die GRS meen die model kom lyk “ongesond maer” en die advertensie is onverantwoordelik van Gucci se kant af. Hulle het veral foutgevind met die model wat teen die muur leun.

“Ons het haar middel en arms oorweeg en vind dit ietwat maer en dit wil voorkom asof dit uit proporsie met haar kop en onderlyf is,” lui hul verklaring.

Volgens die GRS het die model op so ’n wyse poseer dat haar middellyf langer lyk en so heelwat kleiner. Hulle verwys ook na haar somber gesigsuitdrukking en die donker ooggrimering wat haar uitgeteer laat lyk.

Gucci het teruggekap en gesê dit is ’n subjektiewe kwessie om te besluit of ’n model “ongesond maer” lyk.

Hulle glo albei modelle is klein gebou en dus kan hulle nie as te maer beskou word nie. Volgens Gucci is daar ook nêrens in die video ’n model wie se bene (soos sleutelbene, ribbes, ens.) uitsteek nie.

Lees ook: Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue Hulle grimering was van ’n natuurlike aard en nie donker nie, die beligting was warm om seker te maak daar is geen holtes wat deur skaduwees veroorsaak kon word nie en hul klere het ook nie te veel blootgestel nie, sê Gucci. Die dele wat wel blootgestel was, was mooi gevorm en aanvaarbaar skraal. Die modelle was veronderstel om ’n danspartytjie voor te stel en was gemik op ’n ouer, gesofistikeerde gehoor.

Na die GRS se oordeel is die model wat op die rusbank sit, se bene in verhouding met die res van haar lyf en is sy nie te maer nie.

Die insetsel met die spesifieke foto van die model wat teen die muur leun, is intussen uit die video geredigeer.

BRONNE: MOTTO.TIME.COM, ASA.ORG.UK, CNN.COM

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

Toyota se juweeltjie gaan die Milaan-ontwerpweek verower

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Kyk: Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde