“Ek wil graag ’n beroep doen op ons volk . . . op kinders van ons almagtige God: Help (ons) dat (pres. Jacob) Zuma en sy korrupte regering sal uittree en God mense daar sal stel wat volgens God se standaarde ons land sal regeer.”

[caption id="attachment_122143" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/Instagram Foto: Facebook/Instagram[/caption]

So skryf die sangeres en werklikheidster Karlien van Jaarsveld vroeër vandag in ’n ernstige pleidooi op haar Facebook-blad waarin sy mense vra om te bid dat Suid-Afrika se president sal uittree.

Karlien meen dat die Here onlangs “duisende mense” se gebede om reën verhoor het. “Hoekom sal Hy nou ons (pleidooie om) geregtigheid ignoreer?” vra sy.

Lees ook: Karlien van Jaarsveld maak hart oop in ope brief

In die ope brief, wat grootliks in hoofletters geskryf is, smeek Karlien verder dat almal moet “roep (tot) God”, want “ons land en sy mense se vooruitgang en (lewe) is op die spel”.

[caption id="attachment_122142" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Karlien van jaarsveld het die pleidooi dat pres. Zuma moet bedank op haar Facebook-blad gemaak.[/caption]

“Kan ons nie asseblief nou dieselfde doen en in massas saamtrek en tot ons God roep vir ’n wonderbaarlike ingryping waar die ANC vandag en môre vergader nie?” vra sy. Sy hoop dat dié vergadering op Zuma se onmiddellike uittrede sal uitloop.

Karlien het dié roerende plasing vroeg Donderdagoggend op haar Facebook-blad gedoen. Sover bekend word geen amptelike ANC-vergaderings vir vandag of môre beplan nie.

Die inskrywing het wyd reaksie ontlok en is reeds meer as 1 800 keer gedeel. Honderde mense het ook ondersteunende kommentaar gelewer met talle wat Karlien se pleidooi ondersteun.

Lees ook: Oe-la-la! Karlien van Jaarsveld pronk in haar speelpakkie!

“Karlien, jou woorde bring vanoggend trane in my oë,” skryf Fransien Cochrane van Pretoria. “Ons besef nie altyd hoe afhanklik ons van die Here is nie.”

Skeptici soos Suzette Hayward van Hermanus het weer uitgewys, al val Zuma, “bly die ANC steeds aan bewind”.

“So gebed, gebed, gebed en dan reg stem is seker ons oplossing.”

– Petrus Malherbe

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie