[caption id="attachment_168533" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikipedia Foto: Wikipedia[/caption]

Hulle het ’n loodgieter van die Johannesburgse Waterraad ontbied nadat die drein vir die soveelste keer verstop was. Met die oopmaak van die drein is ’n klein fetus van sowat 30 cm gevind.

Ao. Sonja Prinsloo van die Roodepoort-polisiekantoor het die voorval bevestig en gesê ’n saak van verberging van geboorte word ondersoek.

Sy het bevestig die fetus is na raming in ’n vroeë stadium van ontwikkeling, so tussen 11 en 16 weke.

“Juis omdat die fetus nog nie teen volle ontwikkel is nie, is dit onmoontlik om die geslag vas te stel,” het sy aan Huisgenoot.com gesê.

Frik van Zyl, woordvoerder van die Witpoortjie-buurtwag, het bevestig patrolleerders is omstreeks 14:00 na die adres in Buurenstraat in Witpoortjie ontbied.

’n Nadoodse ondersoek sal na verwagting eers môre (13 April) plaasvind.