Op kringtelevisiebeeldmateriaal van die winkelsentrum in die stad Nowi Oerengoi word gesien hoe die meisie met die bewegende relings van die roltrap speel terwyl haar tante, wat daar naby staan, met haar selfoon besig is.

Kopers loop by die twee verby, onbewus van wat gaan gebeur.

Oomblikke later trek die reling die meisie opwaarts en hang sy oor die gevaarlike gaping.

Haar tante hardloop nader en gryp die meisie vas, maar die kind gly uit haar hande en val grond toe.

The Mirror berig die kind, genaamd Linara, is hospitaal toe gebring en die dokters sê sy is baie gelukkig dat sy geen ernstige beserings opgedoen het nie.

Sy het net snye en kneusplekke opgedoen en sal na verwagting heeltemal herstel.

WAARSKUWING: Grafiese video

Bronne: The Telegraph, Mirror.co.uk, News.com au