[caption id="attachment_140070" align="alignnone" width="600"]Foto:  IPSS Rescue / Facebook Foto: IPSS Rescue / Facebook[/caption]

’n Bakkie en motor het in die middel van die snelweg teen mekaar gebots, het Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue gesê.

[caption id="attachment_140069" align="alignnone" width="600"]Foto:  IPSS Rescue / Facebook Foto: IPSS Rescue / Facebook[/caption]

“Die impak was so erg dat die twee voertuie basies ineengestrengel was,” het hy gesê.

[caption id="attachment_140067" align="alignnone" width="600"]Foto:  IPSS Rescue / Facebook Foto: IPSS Rescue / Facebook[/caption]

Paul het gesê ’n paartjie in die motor is op slag dood en hul liggame was nog in die wrak vasgekeer toe paramedici opgedaag het.

[caption id="attachment_140068" align="alignnone" width="600"]Foto:  IPSS Rescue / Facebook Foto: IPSS Rescue / Facebook[/caption]

“In die bakkie was vier mense, ’n paartjie en twee meisies, in ’n kritieke toestand. Paramedici het hulle dadelik probeer stabiliseer terwyl hulle hul uit die wrak probeer kry het.”

Hy sê ’n agtjarige meisie is dood kort nadat sy uit die bakkie gehaal is en die man het kort ná sy aankoms by die hospitaal gesterf. Die vrou en 11-jarige dogtertjie is nog in ’n kritieke toestand.

Bron: News24, IPSS Rescue