Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder het gesê drie mense het gesterf, een persoon was in ’n kritieke toestand en nog twee is ernstig beseer, waaronder ’n drie week oue baba.

Dit wil voorkom asof een van die voertuie oor die middel-mediaan op die N3 by die New Englandweg-afrit by Pietermaritzburg beweeg het en van voor teen ’n aankomende voertuig gebots het.

Die bestuurder van een van die voertuie, ’n bakkie, was in sy voertuig vasgekeer. Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê dat die nooddiens meganiese kake moes inspan om die man uit die wrak te bevry.

Verslae van die ongelukstoneel dui daarop dat die wydverspreide wrakstukke ooreenstem met dié van ’n botsing wat teen hoë impak plaasgevind het.