Cheryl Harrison (52) van Wallingford in die VSA moes ’n noodoperasie ondergaan om die staalborselhaar te verwyder wat in haar hamburger was.

Sy het eers twee dae nadat sy die burger geëet het, verskriklike maagpyn begin ervaar en dadelik dokter toe gegaan. ’n Skandering het gewys dat ’n staalborselhaar in haar spysverteringskanaal vasgesteek het.

Dokters glo dat sy hiervan kon sterf indien sy nog gewag het voor sy dokter toe gegaan het.

Kyk hier na haar storie:


ABC News Videos | ABC Entertainment News

Bronne: ABC Entertainment News, Huffington Post