Die polisie het Sondag gesê hulle verdink haar man, wat kaal en ernstig gewond op die toneel gevind is, van die grusame aanval.

Een van die bure het die polisie Saterdagoggend ontbied nadat die man sy deur kaal oopgemaak het met ’n afgekapte linkervoorarm, vermiste oog en snye aan sy bors.

Die 43-jarige verdagte is nie geïdentifiseer nie, maar die polisie het gesê hy sal van die moord aangekla word nadat hy genees het van die wonde wat hy homself toegedien het. Hy was Sondag in die hospitaal nadat hy chirurgie ondergaan het.

Die slagoffer, Trina Heisch (49), en die onthoofde honde is in ’n kas in de slaapkamer ontdek, het die polisiewoordvoerder Trent Crump gesê.

Die egpaar het ’n geskiedenis van geestessiekte, gesinsgeweld en dwelmmisbruik, het hy gesê.

Familielede het aan ondersoekers gesê die twee het mekaar by ’n inrigting vir geestessiekes ontmoet.

Die verdagte is in 2003 in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n ongeïdentifiseerde familielid probeer vermoor het.

Trina is in Maart in hegtenis geneem nadat die polisie gesê het sy haar man probeer steek het.

Bronne: CBS News, Daily Mail, Yahoo News