Luidens berigte het skoonmakers die lyk omstreeks negeuur Dinsdagoggend in die bosse langs ’n gewilde seelangse drafroete by Oudekraal gekry.

Die volwasse man se lyk is in twee gekap, met die torso wat in ’n plastieksak gevind is terwyl die man se kop, hande en bene in ’n ander sak was.

Dit blyk ook dat die lyk gevries was, en munisipale werkers het aan die Cape Argus gesê dit wil voorkom asof iemand die liggaam probeer vries het, maar besef het dit gaan nie in ’n vrieskas pas nie en toe in kleiner dele gekap het om dit te probeer inpas.

Die identiteit van die slagoffer is nog onbekend, en die polisie is volgens eNCA besig met DNS-toetse om nog leidrade op te spoor.

Bronne: eNCA, Cape Argus (IOL.com),