Maandag is ’n video op YouTube gelaai wat wys hoe ’n silwer BMW-afslaankap op die N2-hoofweg buite Kaapstad beheer verloor. ’n Man, glo ene Thabang Sidloyi (27) van Gugulethu, is uit die motor geslinger.

SPL272119_002
Die YouTube-gebruiker Alex Williamson het die voorval opgeneem en opgelaai. Hy was in die regterbaan toe die voorval plaasvind.

Volgens ’n Cape Argus-berig is Thabang bekend vir sy rol in die rolprent The Good Man. Hy was blykbaar een van vier passasiers in die motor, wat ’n vriend glo bestuur het. Thabang het na bewering in die ongeluk omgekom.

In die video is dit duidelik die silwer BMW ry te vinnig. In die linkerbaan was ’n wit voertuig en in die middelbaan ’n silwer Kia Picanto. Die bestuurder wou blykbaar die Picanto aan die linkerkant verbysteek om in die middelbaan te kom, maar het met die motor en toe die betonversperring gebots.

Thabang is na bewering uit die voertuig geslinger – hy het duidelik nie ’n sitplekgordel aangehad nie – en kom voor die motor te lande.

Die Cape Argus berig ook twee insittendes het ook geringe beserings opgedoen; een is ongedeerd, terwyl die ander steeds in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad aansterk.

VIDEO IS NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE!

Bronne: Cape Argus, Wheels24, YouTube