Die ongeluk het langs die Loskop Valley Lodge op die R25 (oftewel die Dennilton-pad) gebeur.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het ’n Toyota Land Cruiser en ’n Mazda-sedan trompop gebots. Twee mans en twee vroue is in die ongeluk dood. Drie mense wat in die Land Cruiser was, is met ligte beserings na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend,” sê Moatshe.