Van die sportnutsvoertuig, ’n BMW X5, is daar kwalik meer as ’n verwronge stuk staal oor.

Die ongeluk het plaasgevind toe dié voertuig en ’n swaargoedere vragmotor kop-aan-kop gebots het. Die 50-jarige vrou is uit die motor geslinger tydens die ongeluk. Paramedici kon nie daarin slaag om haar aan die lewe te hou nie. Sy is op die toneel dood verklaar. Intussen is bevestig dat die oorledene die adjunk uitvoerende burgermeester van Magaung, Connie (Constance) Rampai, is.
In 2015 het raadslid Rampai tydens ’n toekenningsgeleentheid (13 Tribute Awards) ’n pleitdooi gelewer vir veranderde gesindhede jeens mense met gestremdhede, veral vroue. Die geleentheid is daarop toegespits om uitsonderlike vroue met gestremdhede te vereer in sowel Suid-Afrika as in die res van Afrika.

Connie is ook deur op ’n vorige geleentheid deur Mej Aarde Suid-Afrika vir die wyse waarop sy die veldtog ondersteun en haar as ’n invloedryke vrou met ’n groen hart bestempel.

Die vragmotorbestuurder is op die toneel behandel en per ambulans na die provinsiale hospitaal in Winburg geneem vir verdere sorg.

Bronne: arrivealive.co.za, thecitizen.co.za, Facebook

Ander stories op Huisgenoot.com:

Bekende ster word aangekla van kinderpornografie

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Kyk anders na die wêreld met dié slimhorlosie

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar