’n Gru-ongeluk op die Randfonteinpad het Vrydagmiddag die lewens van 14 mense geeis. Volgens wat ER24 berig, het ’n vragmotor en ’n taxi kop-aan-kop gebots. Paramedici het met hul aankoms op die toneel wrakstukke van albei voertuie in die middel van ’n kruising gevind.

Verskeie liggame het oor die pad gestrooi gelê, vermoedelik dié van die minibuspassasiers. Al 14 slagoffers het op die toneel gesterf. Twee mense het ernstige beserings opgedoen en is met gevorderde lewensondersteunende toerusting bygestaan.

Verkeer is erg ontwrig en die pad mag vir ’n geruime tyd nog gesluit wees.

Bron:er24.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!