Luidens berigte is een persoon reeds op die toneel dood. ’n Helikopter is ook na die toneel ontbied om een van die kritiek-beseerdes na die hospitaal te neem. Verkeer is erg ontwrig en die pad is steeds gesluit in ’n suidelike rigting. Een van die bane in die noordelike rigting is ook gesluit. Die ongeluk het plaasgevind toe een van die taxi se bande vermoedelik gebars het.