Drie mense is Dinsdagoggend op die spog-De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor berig Netwerk24.

Die oorledenes name is nog onbekend, maar bure het aan Netwerk24 gesê dit is ’n Suid-Afrikaanse gesin wat in Perth gebly het en onlangs na Suid-Afrika teruggekeer het.

Die gesin bestaan glo uit die twee ouers, twee seuns en ’n dogter.

Die pa, (55), ma (55) en ’n 22-jarige seun is volgens gerugte met ’n skerp voorwerp doodgekap.

Die dogter (16) is in die hospitaal. Nog ’n man is in die hospitaal, maar dit is tans onseker wat sy verwantskap aan die familie is. Volgens 'n polisie-woordvoerder is die motief van die moorde tans onbekend en wil hulle nie daaroor bespiegel nie. Intussen het 'n verslaggewer van Heart 109.4 FM getwiet dat die polisie 'n 20-jarige man, wat ook geringe beserings opgedoen het, oor die voorval ondervra.

Bronne: Netwerk24, Heart 109.4 FM, Twitter