FOTO: Estie Pienaar en Nicky Rossouw.

“Hulle behandel my darem oukei en ek kry kos. Maar dis vreeslik erg hier,” sê Estie Pienaar in die Sesheke-gevangenes in Zambië, 200 km wes van Livingstone.

Sy word hier aangehou sedert kort nadat haar man, Marius Pienaar, se lyk op 30 Junie gekry is. ’n Nadoodse ondersoek wys hy is oor die kop geslaan en keelaf gesny voor hy in die water gegooi is. In Zambië kry veroordeelde moordenaars nog die doodstraf.

Sy skud haar kop terwyl ek haar uitvra oor wat gebeur het en die bewerings dat sy haar man verneuk het met sy vriend Nicky Rossouw.

“Ek het pas my man verloor,” sê sy net oor en oor. “Die Here weet wat regtig gebeur het . . . Die waarheid sal nog uitkom.”

Sy draai om en stap terug na haar stinkende sel.

Lees Gloria Edwards se roerende onderhoud met Estie Pienaar in die Huisgenoot, 26 Julie 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.