Buiten die nege mense wat gesterf het, word meer as 10 se toestand as kritiek bestempel.

Die busongeluk Sondagoggend het omstreeks 02:00 sowat 10 km buite Touwrivier op die N1 in die rigting van Laingsburg plaasgevind.

Met die aankoms van verskeie nooddiensspanne op die toneel het hulle die bus op sy sykant, gedeeltelik in die pad en in die veld gevind. Die bus se sleepwa het in die middel van die pad beland.

Passassiers het glo verstrooid oor die padoppervlakte gelê. Verskeie is glo uit die bus geslinger toe die bus omgeval het.

Plaaslike nooddienste het 31 pasiënte na nabygeleë noodsentrums geneem. Nog 20 is op die toneel gevind,sommige vasgekeer binne-in die bus. Paramedici en brandweermanne het tot na 05:00 van die kritiek-beseerde passassiers uit die bus bevry. In gevalle was spesiale reddingstoerusting nodig om dit reg te kry. Daar was ook kinders in die ongeluk betrokke maar hul toestand is nog onbekend. Luidens berigte was die N1 rondom 06:00 vanoggend nog gesluit vir verkeer.

Bron: er24ems.co.za