“Die hele een kant van die bus is in die botsing oopgeruk,” sê ER24-woordvoerder Russel Meiring in ’n verklaring.

Die ses mense het noodlottige beserings op die toneel opgedoen, sê Meiring.

Die 50 mense met geringe tot kritieke beserings is op die toneel behandel. Gevorderde lewensondersteundende ingrypings is aan die kritiek beseerdes gebied.

Nadat hulle behandel is, is die pasiënte na verskeie hospitale in die gebied gebring vir verdere behandeling. 

Een van die pasiënte wat in ’n kritieke toestand is, is in ’n helikopter van provinsiale dienste na ’n hospitaal geneem vir dringende behandeling. 

Die besonderhede rakende die botsing is nog onbekend. Plaaslike owerhede is op die toneel vir verdere ondersoek.

Bron: News24