’n Jong man het Dinsdagoggend op die Randfontein-pad naby die Corlett-laankruising gesterf in ’n botsing waarby vier motors betrokke was. ’n Ligte vragmotor wat in die rigting van Johannesburg gery het, het glo die oggend omstreeks sesuur voor aankomende verkeer ingery. Luidens Roodepoort Record het die vragmotor reg van voor teen 'n taxi en twee ander voertuie gebots.

Die bestuurder van ’n Mazda 323 het op slag gesterf. Vier ander is beseer en hospitaal toe geneem.

[caption id="attachment_145508" align="aligncenter" width="600"]Foto: Roodepoort Record. Foto: Roodepoort Record.[/caption]

Daar word vermoed dat die bestuurder van die ligte vragmotor agter die stuur aan die slaap geraak het.

[caption id="attachment_145509" align="aligncenter" width="600"]Foto: Roodepoort Record. Foto: Roodepoort Record.[/caption] Die ongeluk het tot ’n erge verkeersopeenhoping in Leratong gelei.

Bron: roodepoortrecord.co.za