Dan Maurer (39) van die Amerikaanse deelstaat Michigan se skrotum weeg sowat 45 kg, en hy het nou genoeg geld ingesamel om dit te laat verwyder.

Hy het in sy laat 20’s besef sy skrotum is abnormaal groot, maar dokters het net gesê hy moet gewig verloor. Tog het dit aanhou groei ten spyte daarvan dat hy 20 kg se gewig verloor het.

Dié toestand word veroorsaak deur limfvate wat verstop.

Dan het die waarheid oor sy toestand besef toe hy die verhaal vanWesley Warren jr. op die televisiekanaal TLC kyk. Wesley het dieselfde toestand gehad en sy skrotum het amper 60 kg geweeg, maar is vroeër vanjaar oorlede.

Dan kon nie die operasie bekostig nie, maar nadat ’n vrou in sy ma se kerk van sy toestand gehoor het, het die geldsinsameling in alle erns begin en kon hulle sowat R210 000 insamel.

Die operasie word vandag uitgevoer.

Marelize Potgieter