Die Briste polisie het elke gaatjie en elke draaitjie op die roete wat die koninklike gevolg van Buckingham-paleis tot by Westminster Abdy gaan ry, deurgesoek en beveilig.

Hulle het die deksels van afvoerpype opgelig, lamppale haarfyn deurkyk en selfs die omhulsel oor die knoppies op die verkeersligte by voetoorgange afgeskroef om seker te maak iemand het nie ‘n ploftoestel daar weggesteek nie.

Volgens berigte is daar vandag ook skerpskutters op die dakke langs die roete ingeval iets skeefloop.

Omtrent 500 polisiebeamptes is vandag aan diens by die troue – 900 van hulle op die roete wat die bruidspaar gaan ry. En dan is daar nog 1700 soldate wat as seremoniële wagte die perdekoetse van die bruid en bruidegom en die koningin gaan begelei.