Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy baba Zephany Nurse gesteel het terwyl haar ma lê en slaap het, het Maandag herhaaldelik gesê sy was nie by die Groote Schuur-hospitaal op die dag van die ontvoering in 1997 nie.

[caption id="attachment_118897" align="alignnone" width="600"]Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy baba Zephany Nurse gesteel het terwyl haar ma lê en slaap het, het Maandag herhaaldelik gesê sy was nie by die Groote Schuur-hospitaal op die dag van die ontvoering in 1997 nie. Foto: Misha Jordaan Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy baba Zephany Nurse gesteel het, ontken dit ten sterkste. Foto: Misha Jordaan[/caption]

Voor die baba se verdwyning was sy in 1993 laas by die hospitaal in Observatory nadat haar destydse man haar ernstig aangerand het en ook later vir ginekologiese probleme, het die 51-jarige beskuldige aan die hooggeregshof in Kaapstad gesê.

Haar prokureur, Raez Khan, het haar ondervra. Haar naam mag nie bekend gemaak word nie om die tiener se identiteit te beskerm. Sy word verhoor op aanklagte van ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet. Sy pleit onskuldig op al die aanklagte.

Sy het aan regter John Hlophe gesê sy het die instelling op 12 Mei 1997 besoek toe haar suster die lewe geskenk het. Sy sê sy het baba Zephany daardie dag saam met haar geneem.

‘Beskuldigde het my baba probeer steel’

Die vrou van Lavender Hill het die getuienis van die staatsgetuie Shireen Piet gekritiseer.

Shireen het verlede week getuig die vrou was in die kraamsaal op die dag dat die baba gesteel is. Sy het gesê die verdagte het blonde hare met grys strepe in gehad.

Foto’s wat verskaf is van haar in die maande voor en ná die ontvoering, wys haar hare was donker.

Shireen het na die vrou in die beskuldigebank gewys. Sy het getuig sy het haar eie pasgebore babadogter probeer steel ure voor Zephany se verdwyning.

Die beskuldigde het dit ontken en gesê die eerste keer dat sy Shireen gesien het, was by ’n uitkenningsparade verlede jaar. Shireen het haar ná vyf minute tussen ’n groep van 11 vroue uitgewys.

Die beskuldigde het getuig sy het ’n vrou genaamd Sylvia in die Tygerberg-hospitaal ontmoet nadat sy in Desember 1996 ’n miskraam gehad het. Sylvia het gesê sy help mense met vrugbaarheidsprobleme en kan aannemings reël.

Sewentien jaar later . . .

Die beskludigde het getuig sy het ’n deposito van R800 betaal vir die medisyne om haar te help swanger raak. Nadat dit nie gewerk het nie, het Sylvia haar gevra of sy aanneming sou oorweeg.

Tydens ’n beplande ontmoeting by die Wynberg-treinstasie in April het ’n onbekende vrou vir die beskuldigde gesê Sylvia het haar gestuur om die baba te oorhandig. Geen ooreenkoms is aangegaan om vir haar ’n baba te gee nie, het die beskuldigde gesê.

Dit was ten spyte daarvan dat sy voorheen vir Sylvia gesê het sy wil die baba se ma ontmoet en al die kind se dokumentasie hê.

Hoewel sy gedink het iets is nie pluis nie, het Sylvia voorheen vir haar vertel die jong ma wil nie die kind wil hê. Sy het Sylvia nooit weer gesien nie en die kind se geboortesertifikaat is ses jaar later per pos by haar huis afgelewer, het sy aan die hof gesê.

Sewentien jaar later is ontdek die baba is Zephany, wat drie dae ná haar geboorte ontvoer is.

Die vrou is in Februarie 2015 in hegtenis geneem. Die saak het aan die lig gekom toe die meisie se biologiese suster, wat vier jaar jonger is, vir haar ouers vertel het ’n matriekmeisie by haar skool lyk baie na haar en haar ouers.

DNS-toetse het uiteindelik bevestig die tiener is inderdaad hul dogter.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Liefdesdriehoek’ eindig tragies

Die lelikste en mooiste: Oscar-rokke wat wenkbroue lig

Verbygaande verpleegster red man ná weerlig hom tref

10 skreeusnaakse reaksies op Leo se Oscar-glorie

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar