Jimi het ’n foto van sy bedankingsbrief op Twitter gedeel om aan te dui hy verlaat die SABC te midde van wydverspreide veranderinge onder die leierskap van die bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng.

“Ek het vir talle maande die waardes wat ek koester prygsgegee onder die verkeerde oortuiging dat ek meer doeltreffend binne die SABC sou wees as daarbuite waar ek vanaf die kantlyn kommentaar sou moes lewer.”

Jimi sê egter die “wegvretende atmosfeer” het sy morele oordeel negatief beïnvloed en hom aandadig gemaak aan besluite waarop hy “nie trots was nie”. “Ek wil om verskoning vra aan baie mense wat ek teleurgestel het deur stil te bly toe ek my stem moes laat hoor,” lui die brief. “Wat by die SABC gebeur, is verkeerd en ek kan nie langer daarvan deel wees nie.” Pogings om Jimi te kontak was tot dusver onsuksesvol.

Bron: News24