Die glanspaartjie het begin uitgaan nadat die Shake It Off-sangeres haar 15 maande lange verhouding met die DJ Calvin Harris in Junie verbreek het.

Tom en Taylor se verhouding was gereeld in die kollig en druk van die media is glo die hoofrede hoekom hul paadjies geskei het.

“Sy het die verhouding verbreek,” het ’n bron aan Us Weekly vertel. “Tom wou hê die verhouding moes meer in die kollig wees as waarmee sy gemaklik was. Taylor het geweet watter teenreaksie ’n geliefkosery in die openbaar kan ontlok, maar Tom het nie geluister na haar bekommernisse nie.”

Lees ook: Dis hoekom Taylor Swift vir Kim en Kie. van ‘karaktermoord’ beskuldig

Taylor en Tom was binne enkele weke onafskeidbaar en sy het selfs saamgereis na Australië om by hom te wees terwyl hy sy nuwe fliek, Thor: Ragnarok daar skiet.

Maar dit lyk of die verhouding die afgelope maand ontspoor het toe hulle hul eerste groot argument gehad het. “Dit was ’n intense begin vir ’n verhouding,” sê iemand in die binnekring oor die warrelwindromanse.

“Niemand kan daardie soort momentum handhaaf nie.”

Ten spyte daarvan dat hul paadjies skei, is die twee op goeie voet. “Hulle kom goed oor die weg en sal vriende bly, maar hulle dink nie ’n romanse kan op die oomblik werk nie,” sê die bron.

Lees ook: Is Tom Hiddleston se romanse met Taylor Swift ’n publisiteitsfoefie?

Woordvoerders vir die sterre het nog nie kommentaar op die nuus gelewer nie, maar Tom het in Augustus met The Hollywood Reporter oor die media-aandag op sy privaat lewe gepraat: “Dis interessant – ons leef in ’n wêreld waar elke foon ’n kamera het en daar’s regtig niks daaroor dat die kollig op my is nie. Ek dink dis maar wat gebeur as jy ’n openbare figuur is.”

© Cover Media