Vakansiegangers wat elke jaar in Desember in Hartenbos uitspan, kan hulle binekort regmaak vir ’n groot verrassing!

[caption id="attachment_146121" align="alignnone" width="587"]'n Kunstenaars voorstelling van hoe die Hartenbos Seefront sal lyk wanneer dit heeltemal klaar is. Foto: Misha Jordaan 'n Kunstenaars voorstelling van hoe die Hartenbos Seefront sal lyk wanneer dit heeltemal klaar is. Foto: Misha Jordaan[/caption]

En die goeie nuus is groot gedeelte van Fase 1 gaan reeds in Desember gereed wees.

“Dit was tyd vir ’n vernuwing en ’n verandering,” sê die sentrumbestuurder, Adrie van Dyk. “Alles was oud en afgeleef. Nou gaan alles net mooier, beter en groter wees wanneer dit klaar is.”

[caption id="attachment_146120" align="alignnone" width="600"]Adrie van Dyk die sentrumbestuurder van Hartenbos Seefront verduidelik watter dele van die ontwikkeling teen Desember klaar sal wees. Foto: Misha Jordaan Adrie van Dyk die sentrumbestuurder van Hartenbos Seefront verduidelik watter dele van die ontwikkeling teen Desember klaar sal wees. Foto: Misha Jordaan[/caption]

Die ATKV-strandoord in Hartenbos bestaan al 79 jaar en verwelkom elke jaar derduisende vakansiegangers in die somermaande. Die ontwikkeling, wat as die Hartenbos Seefront bekendstaan, word deur die ATKV se sake-afdeling en Latitude-ontwikkelaars gedoen.

Die bouwerk het in Maart vanjaar begin en Adrie sê hulle beoog om ’n groot gedeelte van die eerste fase teen 7 Desember klaar te hê. “Die kontrakteurs doen alles in hul vermoë om betyds klaar te wees."

Die fase sluit ’n pretpark van ongeveer R26 miljoen in met ’n waterwurm, mini gholfbaan en klimrame.

[caption id="attachment_146123" align="alignnone" width="600"]Die pretpark met glybane sal teen Desember klaar wees. Foto: Misha Jordaan Die pretpark met glybane sal teen Desember klaar wees. Foto: Misha Jordaan[/caption]

Daar sal ook verskeie nuwe winkels in die ontwikkeling wees soos ’n Pick n Pay, De Oude Meul-bakkery, skoonheidsalon, deli en kosstalletjies. Die baie bekende verhitte swembad sal op dieselfde plek wees, maar sal uitgebrei word met ’n uitsig op die see. Die Spur sal ook ’n splinternuwe voorkoms kry.

Reg in die middel van die ontwikkeling word ’n ronde struktuur gebou waarin die plaaslike radiostasie SFM se kantore sal wees, met ’n spiraaltrap wat tot op die strand lei. Die Skoffelskuur, waar die jong klomp tot laatnag kan kuier, sal ook in Desember gereed wees.

Volgens Adrie is die kampeerterrein waaroor baie mense bekommerd was steeds daar en diegene wat graag in Hartenbos kom kamp, sal steeds hul gunstelingkampplekkie kan bespreek.

[caption id="attachment_146124" align="alignnone" width="600"]Hartenbos is op die oomblik 'n miernes van bedrywighede soos bouers spook om die ontwikkeling klaar te kry wat in Maart begin het. Foto: Misha Jordaan Hartenbos is op die oomblik 'n miernes van bedrywighede soos bouers spook om die ontwikkeling klaar te kry wat in Maart begin het. Foto: Misha Jordaan[/caption]

In die tweede fase van die ontwikkeling sal die bekende Walvissaal in ’n ysskaatsbaan omskep word. Dit sal ook as ’n veeldoelige saal gebruik kan word. Nog ’n kuierplek, die Ná Donker Restaurant, sal gebou word asook ’n Clicks. Later sal kantoorruimte en luukse akkommodasie ontwikkel word.

Beide fase een en twee behoort ten volle afgehandel te wees teen middel 2017.