Vir ’n verandering kan ’n mens brandstofpryse en goeie nuus saam in een sin gebruik!

Die Automobielvereniging van Suid-Afrika (AA) het Dinsdag bekend gemaak dat Suid-Afrikaners na verlaagde brandstofpryse kan uitsien in Desember.

Die woeligheid in afloop van die Amerikaanse presidentsverkiesing het die rand erg gepootjie, maar geleidelik het ons kwesbare geldeenheid weer sy voete gevind.

Maar die AA waarsku dat die volgende paar maande weer ’n wipwa-rit rondom brandstofpryse kan wees vanweë politieke ontwikkelinge, die (af)gradering van ons ekonomie en natuurlik die moontlike veranderinge wat mag intree wanneer Donald Trump amptelik president van Amerika word.

Die verlaagde pryse (per liter) behoort na beraming as volg te wees:

Petrol: 41 sent

Diesel: 38 sent

Lampolie: 36 sent

Bron: aa.co.za