A photo posted by Agri SA (@agrisaofficial) on

“Die hittegolf-waarskuwing klaar vandag (Maandag) op vir die noordelike dele van Gauteng en dele van Mpumalanga,” het die weervoorspeller Lebogang Mashile gesê.

“’n Hittegolf duur gewoonlik ’n minimum van drie dae. As die temperature nie die kriteria vir drie dae lank bereik nie, is dit nie ’n hittegolf nie.”

Lees ook: Draai toe daardie krane! 15 wenke om water te bespaar

Goeie reënval word vandeesweek in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, dele van die Vrystaat en die oostelike deel van die Oos-Kaap verwag.

Daar was 'n moontlikheid van gelokaliseerde vloede in sommige plekke. Die temperatuur, hoofsaaklik in Gauteng, sal na verwagting in die middel tot hoë 20’s bly.

Bewolkte toestande word vanaf Woensdag verwag.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Is die vermiste MH370 naby die Kaap gevind?

Hulde aan voormalige presidentsvrou Nancy Reagan

Vrae oor die einde van Aardklop

Vrou vertel van haar ‘verlammende vrees’ vir werk

Dubbele vreugde vir Bobby van Jaarsveld op sy verjaarsdag