Daar was sommer 'n groot regmerkie op Bobby van Jaarsveld se Twitter-rekening laat Woensdagmiddag. En met groot rede. Bobby moes 'n operasie ondergaan vir sy stembande. En vir 'n man wie se stem baie belangrik is, kan dit nogal tot kommer lei wanneer aan daardie fyn instrument gewerskaf moet word. Maar as 'n man onder narkose net wil weet van braai, dan kan jy maar weet alles het klopdisselboom afgeloop!

Mag die braaivleisvure gouer as gou weer hoog knetter! Bobby moes ook vroeër vanjaar op 10 Februarie ook 'n operasie ondergaan. Sy ma, Ronel Brink, het aan Huisgenoot gesê “Dit het te doen met sy stem" maar dat daar gelukkig niks is om oor bekommerd te wees nie.