En dis goeie nuus vir diegene wat tot nou toe bloedsweet gesukkel het om binne die beperking van 140 karakters te bly. Maar hokaai voor jy woes en wild opstelle begin twiet.

Wat wel van nou verander het, is dat foto's, videos, meningsopnames en GIFs nie meer as deel van die 140-karakter beperking tel nie. Jy kan nou elke liewe karakter vir teks benut.
Die een stap wat nog nie deurgevoer is nie al is dit vroeër belowe, is dat Twitter-name ook nie deel van die 140 karakters gaan uitmaak nie.

En natuurlik het die kuberruim omtrent gegons met die nuutste verwikkelinge:

Bronne: money.cnn.com, boingboing.net